Soorte resepte:

Resep: Geroosterde kekerertjiehappies

Geroosterde kekerertjiehappies. (Foto: Lapa Uitgewers)

Hierdie glutenvrye gereg is perfek vir ’n middagversnapering.

Gebruik 500 ml gekookte droë kekerertjies in plaas van geblikte kekerertjies. Week die kekerertjies in water, kook en spoel af.

Bestanddele

  • 400 g (1 blik) kekerertjies, gedreineer en afgespoel
  • 15 ml olyfolie

Geursel

  • 5 ml fyn kaneel
  • 1,25 ml fyn neutmuskaat
  • 1,25 ml fyn sout
  • 30 ml heuning
  • 30 ml sesamsaad

Geurselvoorstelle

Sesamsoja

  • 5 ml sesamolie
  • 5 ml knoffelpoeier
  • 2,5 ml sout
  • 15 ml geroosterde sesamsaad
  • 5 ml glutenvrye sojasous

Brandhappies

  • 2,5 ml sout
  • 2,5 ml gerookte paprika
  • 1,25 ml rooipeper

Parmesaankaas en knoffel

  • 60 ml fyn Parmesaankaas
  • 5 ml knoffelpoeier
  • 1,25 ml varsgemaalde swartpeper
  • 2,5 ml sout

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 190 °C. Voer ‘n plat bakplaat met waspapier uit.
  2. Maak die kekerertjies op ‘n papierhanddoek droog, en versprei in ‘n enkellaag op die bakplaat. Rooster 20 minute tot krakerig. Roer elke 10 minute om.
  3. Geursel: Meng die olyfolie en geurselbestanddele saam in ‘n mengbak. Haal die kekerertjies uit die oond en meng goed met die olyfoliegeursel.
  4. Plaas terug op die bakplaat. Bak nog 10 minute om te karamelliseer. Skakel die oond af, maak die deur oop en los die happies nog 10 minute op die bakplaat.
  5. Sit warm, of by kamertemperatuur, voor. Wanneer heeltemal afgekoel, kan die happies tot vier dae lank in ‘n lugdigte houer gebêre word.

Bron: Glutenvrye gebak
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.