Soorte resepte:

Resep: Gesnipperde perskekonfyt

Gesnipperde perskekonfyt. (Foto: Lapa Uitgewer)

Maak dié konfyt vir jou ontbyttafel of om as geskenk vir iemand te gee.

Bestanddele

  • 1 kg geelperskes (perskes moet styf en effens groen wees)
  • 750 g suiker
  • 3 groot heel kaneelstokkies
  • 1 e (15 ml) suurlemoensap

Metode

  1. Maak ’n snit deur die middel tot op die pit van elke perske. Draai die twee helftes los van mekaar en skil die perskehelftes. Snipper die perskes in dun skyfies.
  2. Pak die perskesnippers en suiker in afwisselende lae in ’n geskikte swaarboomkastrol en voeg die kaneel by die perskes.
  3. Laat die kastrol vir minstens 6 uur staan.
  4. Verhit die perskes tot kookpunt en laat dit vir ongeveer 30 minute vinnig kook. Voeg die suurlemoensap by en verlaag die hitte.
  5. Laat dit vir ongeveer 10-20 minute stadig kook tot die konfyt groot borrels begin vorm (die tyd hang af van die kastrolgrootte en die hoeveelheid konfyt). Hierdie stadium is baie belangrik; ons sê dat die konfyt nou begin “braai”.
  6. Doen nou gereeld die pieringtoets. Verkoel ’n piering vir 15 minute in die yskas, skep ’n teelepel stroop in die piering en laat dit vir 5 minute staan. Trek jou voorvinger deur die stroop, en as daar plooitjies of riffels agterbly is, die stroop reg.
  7. Skep in gesteriliseerde glasbottels en verseël.

Wenk

  • Kook net 2 kg konfyt op ’n slag – die proses is soveel vinniger en jy behaal baie makliker ’n goeie resultaat.
  • Voeg ’n paar heel perskepitte by die konfyt terwyl dit kook.

Bron: Koljander, koljander so deur die Bosch 
Uitgewer:Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.