Soorte resepte:

Resep: Geurige groente-toevoupakkies

Geurige groente toevoupakkies (Foto: Lapa Uitgewers)

Geniet hierdie geurige gesonde gereg.

Lewer 4 toevoupakkies

Bestanddele

Geurige bone

  • 1 x 410 g-blikkie rooi nierbone
  • 15 ml olyfolie
  • 1 knoffelhuisie, fyngekap
  • 60 ml water
  • 2,5 ml fyn koljander
  • 2,5 ml fyn komyn
  • 1 ml paprika
  • 1 ml sout

Geroosterde patats

  • 1 groot patat (omtrent 450 g), geskil en in 2,5 cm-skywe gesny
  • 15 ml olyfolie
  • 5 ml fyn komyn
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Toevoupakkies (wraps)

  • 250 ml guacamole (tuisgemaak of gekoop)
  • 750 ml jong spinasieblare
  • 1 groot tamatie, in dun skywe gesny
  • 1 klein rooi ui, in dun skywe gesny
  • 4 groot tortillas of toevoupakkies

Metode

Bone:

  1. Plaas al die bestanddele, ook die vloeistof van die blikkie bone, in ʼn pot en prut oor lae hitte vir 5-8 minute tot deurwarm. Dreineer die bone (maar moet dit nie afspoel nie!) en hou eenkant.

Patats:

  1. Voorverhit die oond tot 200 °C. Rangskik die patats in ʼn enkellaag op ʼn bakplaat gevoer met bakpapier.

Meng die olyfolie, komyn, sout en peper en verf dit oor die patats. Rooster die patats vir 10 minute, draai dit om en verf met die oorblywende oliemengsel. Rooster ʼn verdere 10-15 minute tot dit bros en goudbruin is aan die buitekant.

Toevoupakkies:

  1. Smeer die middel van die tortillas of toevoupakkie met guacamole. Verdeel die spinasie, patats, bone, tamatie en uie gelyk tussen die 4 tortillas of toevoupakkies en pak in lae op elkeen. Draai dit styf toe en halveer voor bediening.

Bron: Lekker wraps

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.