Soorte resepte:

Resep: Geurige groentesop

Geurige groentesop (Foto: Lapa Uitgewers)

Die winter is aan’t kom, bêre hierdie resep vir wanneer die koue tref.

Genoeg vir 4-6 porsies

Bestanddele

  • 15 ml kookolie
  • 500 g lamsrib of skenkelvleis
  • 6 wortels, gerasper
  • 2 middelslag-uie, in klein blokkies gesny
  • 3 preie, deeglik gewas en in ringe gesny
  • 200 ml fyngekapte seldery
  • 2 middelslag-aartappels, gerasper
  • 500 ml droë ertjies
  • 2 lourierblare
  • I ½ l kookwater
  • 1 x 50 g-pakkie minestrone­soppoeier
  • 125 ml koue water
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Metode

  1. Verhit die olie in ʼn swaarboomkastrol en braai vleis tot bruin. Voeg wortels, uie, preie, seldery, aartappel, ertjies, lourierblare en kookwater by die vleis.
  2. Laat die sop prut tot die vleis sag is en die groente deurgekook het.
  3. Maak die pakkie soppoeier met die koue water aan en roer dit by die gekookte sop. Voeg ekstra kookwater by indien nodig of soos wat jy verkies.
  4. Prut oor lae hitte vir ongeveer 15-20 minute en bedien saam met vars broodrolletjies.

Bron: Marilyn kuier en kook
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.