Soorte resepte:

Resep: Hamburgerpasteitjies

Hamburgerpasteitjies (Foto: Lapa Uitgewers)

Smul aan hierdie dis saam met jou gesin.

Lewer 4 porsies

Vulselbestanddele

  • 4 gaar hamburgerfrikkadelle (patties)
  • bietjie blatjang
  • 1 ui, in dun ringetjies gesny
  • 1 tamatie, in dun skyfies gesny
  • 125 ml (½ k) gerasperde kaas
  • sout en peper na smaak

Vir bo-oor

  • 400 g (1 rol) gekoopste skilferkorsdeeg
  • 1 eier
  • 45 ml (3 e) volroommelk

 

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 220 °C en smeer ʼn bakplaat met botter.
  2. Rol die skilferkorsdeeg effens dunner uit op ʼn meelbestrooide oppervlak.
  3. Gebruik ʼn bakkie wat ongeveer 1 cm groter as die frikkadel is en sny vier sirkels uit. Rangskik op die voorbereide bakplaat.
  4. Gebruik nou ʼn bakkie wat 2 cm groter as die frikkadel is en sny nog vier sirkels uit.
  5. Plaas die kleiner frikkadel op kleiner skilferkorsdeegsirkels.
  6. Smeer bietjie blatjang oor elkeen, gevolg deur ui, tamatie, kaas, sout en peper.
  7. Maak die randjies van groter sirkels met water nat en plaas die nat gedeelte bo-
  8. Klits die eier en bietjie melk en smeer oor pasteitjies. Bak vir 20 minute of tot goudbruin bo-op.

Bron: Beste uit Vrouekeur

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.