Soorte resepte:

Resep: Herderspastei met soetpatatkors

Herderspastei met soetpatatkors. (Foto: Lapa Uitgewers)

ʼn Heerlike pastei is nie te versmaai wanneer jy op soek is na ʼn behoorlike bord kookkos nie.

Bestanddele

Maalvleismengsel

  • 1 e olyfolie
  • 1 middelslag-rooiui, gekap
  • 1 kg ekstra maer maalvleis
  • 150 g wortels, in klein blokkies gesny
  • 150 g vars of bevrore ertjies (wat in kokende water geweek is)
  • hand vol gekapte vars pietersielie
  • 4 opgehoopte t uievlokkies
  • 3 t woestyn- of pienk sout
  • 5 opgehoopte t paprika

Soetpatatkors

  • 1 kg soetpatat
  • ½ t woestyn- of pienk sout
  • 1 t gedroogde pietersielie
  • 3 groot eiers

Garnering

  • Vars pietersielie

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Spuit ʼn oondvaste bak met kossproei.
  3. Giet die olyfolie in ʼn middelslagpan en braai die ui en maalvleis tot goudbruin. Voeg die wortels, ertjies, kruie en speserye by en braai tot die maalvleis heeltemal gaar en die wortels en ertjies sag is.
  4. Stoom die soetpatat tot gaar en druk fyn. Voeg die sout en pietersielie by.
  5. Skep die maalvleis in die oondbak en druk plat met die agterkant van ʼn lepel.
  6. Klits die eiers in ʼn aparte bakkie tot lig en skuimerig en voeg by die soetpatat. Meng goed.
  7. Skep die soetpatat oor die maalvleis, bedruip met heuning en besprinkel met ekstra paprika.
  8. Bak vir 25-30 min tot die soetpatatkors gaar is. Sit voor met bykos van jou keuse.

Bron: Karlien kan nie kook nie!
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.