Soorte resepte:

Resep: Hoemoes-en-slaai-toevoupakkie

Hoemoes-en-slaai-toevoupakkie. (Foto: Lapa Uitgewers)

Vervang jou toebroodjies met hierdie heerlike hoemoes-en-slaai-toevoupakkie.

Lewer 6 porsies.

Bestanddele

  • 480 ml hoemoes
  • 12 snye komkommer, in die lengte gesny
  • 2 tamaties, in skywe gesny
  • 2 avokado’s, in skywe gesny
  • 6 hande vol vars babaspinasieblare
  • vars boontjiespruite
  • vars mikroblaartjies
  • vars basilieblare (opsioneel)
  • 6 gegeurde toevoupakkies (wraps) (bv. spinasiewraps)

Metode

  1. Smeer elke toevoupakkie met 80 ml hoemoes.
  2. Pak die komkommer, tamatie, avokado, spinasie, spruite, mikroblaartjies en basilieblare in lae op elke toevoupakkie.
  3. Draai dit styf toe en halveer voor bediening.

Bron: Lekker wraps
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Esté Meyer Jansen ·

Dagsê Domheks

Baie dankie vir jou navraag.
Hoemoes is die Afrikaanse benaming vir hummus, ʼn doopsous of smeer wat hoofsaaklik met kekerertjies gemaak word.
Hoop dit help om die resep beter te verduidelik.

Groetnis
Esté Meyer Jansen namens Maroela Media.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.