Soorte resepte:

Resep: Hoenderpastaslaai

Hoenderpastaslaai. (Foto: Lapa Uitgewers)

Hierdie is ʼn perfekte vakansiegereg vir jou gesin.

Lewer 5 porsies.

Bestanddele

  • 150 g volgraanpasta (skroewe of skulpies)
  • 1,25 ml sout
  • 300 g gaar hoendervleis, verkieslik witvleis, in stukkies gesny
  • 2-3 selderystingels en blare, gekap (150 g)
  • 2 rooi appels, ontpit en met skil in blokkies gesny (250 g)
  • 30 g pekanneute, gekap – hou ʼn bietjie eenkant om bo-oor te strooi
  • 125 ml ongegeurde laevetjogurt
  • 125 ml lae-olie-mayonnaise
  • 30 g pikante soetrissies (Peppadews), in stukkies gesny
  • 25 ml gekapte vars pietersielie

Metode

  1. Kook die pasta in 2 liter water met die sout vir 8 tot 10 minute tot net gaar (al dente). Dreineer en laat dit afkoel.
  2. Meng die pasta, hoendervleis, seldery, appel en pekanneute liggies.
  3. Meng die jogurt en mayonnaise en roer dit liggies deur. Strooi pekanneute, stukkies pikante soetrissies en pietersielie oor. Verkoel dit voor bediening.

Variasies

  • Vervang die gaar hoender met gerookte hoender, kalkoen of ham.
  • Vervang die gaar hoender met gaar vis soos snoek, forel, tuna, salm of makriel.

Bron: Goeie vet
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.