Resep: Kaas-en-sampioenburgers

Kaas-en-sampioenburger (Foto: Lapa-uitgewers)

“Vergeet die broodrolletjie en byt direk in die vleis in!” sê Armand Aucamp in sy kookboek, Armand kook kaal.

Lewer 2 porsies

Bestanddele

  • 300 g beesmaalvleis
  • 1 eier
  • ½ bruinui, fyn gekap
  • 2 fetawiele
  • 1 e droë kruie
  • 2 e botter
  • 2 groot bruinsampioene
  • 2 rooiui-skywe
  • botterblaarslaai
  • gesnyde agurkies
  • 1 tamatie, in skywe gesny
  • 2 snye emmentalkaas (jy kan enige harde kaas soos cheddar of gouda gebruik)

Metode

  1. Plaas die maalvleis, eier, gekapte ui, feta en droë kruie in ʼn mengbak. Meng alles deeglik met jou hande.
  2. Vorm twee groot (250 g) patties.
  3. Smelt die botter in ʼn braaipan oor matige hitte.
  4. Braai die patties vir ongeveer 5 minute aan ʼn kant of tot gaar na smaak. Onthou, hierdie resep bevat geen gluten nie (wat gewone burgers wel bevat om die vleis te bind), so wees versigtig wanner jy hulle omdraai.
  5. Plaas die burgers eenkant sodat dit effe kan rus.
  6. Plaas die twee groot bruinsampioene en rooiui-skywe in dieselfde pan en braai vir sowat 2 minute aan ʼn kant tot gaar.
  7. Stel jou burgers saam: Plaas die bruinsampioen eerste op die bord, dan ʼn botterslaaiblaar daarop en daarna die pattie. Laastens kom ʼn paar snye agurkie, die tamatieskyfie, ʼn sny emmentalkaas en dan jou gebraaide rooiui.
  8. Jy kan dit saam met ʼn klein slaai, zucchini-tjips of net so opdien.

Wenk

Bewerk die maalvleis goed met jou hande. Dit sal die maalvleis beter laat bind.

Bron: Armand kook kaal deur Armand Aucamp

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Stof

En lei my nie in versoeking nie…
Hierdie een lyk na ‘n wenner.