ʼn Kleurryke en geurige brood vir die kosblik en teetyd.
Lewer 20 snye brood
Bestanddele
- 125 g maer spekvleis, fyn gesny
- 400 g koekmeelblom
- 15 ml bakpoeier
- 2,5 ml sout
- 2,5 ml droë mosterdpoeier
- ʼn knippie rooipeper
- 250 ml / 100 g beleë cheddarkaas, gerasper
- 12 / 50 g swart olywe, ontpit, fyngesny
- 50 ml vars pietersielie, gekap
- 330 ml bier
- 1 groot eier, geklits
Metode
- Voorverhit die oond tot 180 °C.
- Roerbraai die spekvleis tot gaar en effens bros. Hou eenkant om af te koel.
- Sif die meel, bakpoeier, sout, mosterdpoeier en rooipeper saam. Voeg die kaas, olywe en pietersielie by die droë bestanddele en meng deur. Maak ʼn holte in die mengsel en voeg die bier en eier by. Meng tot ʼn klewerige deeg.
- Skep dit in ʼn gesmeerde ronde 20 cm-koekpan, minstens 7 cm diep, of ʼn ± 23 x 12 cm-broodpan en maak gelyk.
- Bak dit vir 50 tot 60 minute tot goudkleurig. Laat die brood vir 10 minute in die pan afkoel en keer dan uit op ʼn draadrakkie om verder af te koel.
Bron: Uitpakkos
Uitgewer: Lapa
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
1 Kommentaar
Gaan dit verseker maak.