Soorte resepte:

Resep: Koffie-gemarineerde filet-fajitas met pico de gallo

Koffie-gemarineerde filet-fajitas met pico de gallo. (Foto: verskaf)

Hierdie interessante fajita-gereg sal jou laat smul soos nog nooit tevore nie. Kry die jongste episode Net Koffie se resepte hier.

Bestanddele

Pico de gallo (Mexikaanse salsa)

  • 2 k tamaties in blokkies gesny
  • 1 k rooi ui in blokkies gesny
  • 3 ontpitte soetrissies in blokkies gesny (jy kan ook jalapenos gebruik na smaak)
  • sap van een suurlemoen
  • ¼ k vars gekapte koljander
  • sout

Koffie-gemarineerde filet-fajitas

  • 1 kg beesfilet
  • 2 k sterk koffie
  • 3 e melasse
  • 1e onversoete kakaopoeier
  • 1e komyn
  • 1e gekapte knoffel
  • 2 t sout
  • 2 e gemaalde brandrissie
  • olyfolie, sout en varsgemaalde swartpeper
  • suurroom en tortillas om voor te sit

Metode

Pico de gallo

  1. Meng al die bestanddele saam, voeg ʼn knippie sout by, roer en proe. Plaas dit vir ʼn rukkie in die yskas, roer dan weer en proe vir sout.

Koffie-gemarineerde beesfilet-fajitas

  1. Klits die koffie, melasse, knoffel, komyn, sout en soetrissies saam. Marineer die beesfilet in die koffiemengsel.
  2. Verhit die rooster tot ʼn hoë hitte. Verwyder die beesfilet uit die marinade. Geur met net ʼn bietjie meer sout en ʼn goeie hoeveelheid varsgemaalde peper. Vryf dit nou oraloor met olyfolie.
  3. Braai die beesfilet tot verlangde gaarheid – ons het dit 2 tot 3 minute aan die een kant gebraai, omgedraai, dan weer heen en weer aan die ander kant om ʼn kruispatroon te skep en ons s’n was mediumgaar.
  4. Laat rus die filet vir ʼn paar minute. Wanneer jy gereed is om dit voor te sit, sny die filet oor die grein (die kort pad) en draai 2 tot 3 skywe in ʼn tortilla toe met ʼn lekker skeppie van elk; pico de gallo en suurroom.
  • Net Koffie word op Sondae om 17:30 op kykNET, DStv-kanaal 144, uitgesaai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.