Soorte resepte:

Resep: Lensiebobotie

Lensiebobotie (Foto: Lapa Uitgewers)

Dié bobotie is ongetwyfeld smullekker. Dit is ʼn smaaklike dis wat jy die naweek vir jou familie kan voorsit.

Bestanddele

  • 15 ml kookolie
  • 50 ml botter
  • 1 groot ui, gekap
  • 10 ml fyngedrukte knoffel
  • 5 ml fyngerasperde gemmer
  • 10 ml masala
  • 5 ml borrie
  • 10 ml fyn koljander
  • 10 ml fyn komyn
  • 3 kruienaeltjies
  • 5 wonderpeperkorrels
  • 5 ml Italiaanse kruie
  • 2 ml heel peperkorrels
  • 750 ml bruin lensies, gaar maar nie pap nie
  • 125 ml sultanas
  • 60 ml gevlokte amandels
  • 125 ml blatjang
  • 50 ml gekapte vars pietersielie
  • 8 suurlemoenblare (of 3 lourierblare)
  • Sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 500 ml melk
  • 6 eiers

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Smelt die botter en olie in ’n kastrol, voeg die ui by en braai tot die ui deurskynend is.
  3. Voeg die knoffel, gemmer en al die speserye en kruie by, en kook vir 1 minuut.
  4. Voeg die lensies, sultanas, amandels, pietersielie en blatjang by. Meng goed.
  5. Geur na smaak met sout en peper.
  6. Skep die mengsel in ’n oondvaste bak en druk die suurlemoenblare in.
  7. Klits die melk en eiers saam en giet die eiermengsel versigtig oor die lensies.
  8. Bak vir 20 minute of tot die eiermengsel gestol en goudbruin is.
  9. Sit saam met rys voor.

Nota

  • Gebruik lourierblare indien jy nie suurlemoenblare het nie, maar halveer die hoeveelheid, want droë lourierblare het ’n baie sterk geur.
  • Meet al die speserye en kruie af voor jy die dis begin voorberei. So bestee jy minder tyd aan die voorbereiding en dit keer dat jy enige van die bestanddele vergeet.

Bron: ʼn Lewe met kos

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.