Hierdie is my ma se blatjangresep waarmee ons grootgeword het. Ek het besluit om die mates aan te gee presies soos sy dit vir my gegee het.
Lewer ± 1 kg
Bestanddele:
- 2 borde geelperskesnippers (± 1 kg)
- 1 bord uieskyfies (± 500 g)
- 3 koppies witasyn (750 ml)
- 2 teelepels borrie (10 ml)
- 3 teelepels fyn koljander (15 ml)
- 4 teelepels kerriepoeier (20 ml)
- 2 klein brandrissies, ontpit en gekap (opsioneel)
- 2 koppies suiker (500 ml)
- 1 teelepel heel piment (5 ml)
- 1 teelepel gemaalde gemmer (5 ml)
- 1 teelepel sout (5 ml)
Metode:
- Kook alles saam totdat dit begin dik word – ongeveer 2 ure.
- Skep dit in gesteriliseerde bottels en verseël.
Bron: Bottel en gebruik
Uitgewer: Lapa
Ek het vandag die blatjang gemaak, maar met n paar veranderinge. Ek het nie rissies ingesit nie maar eerder varsgemaalde peperkorrels. Ek het ook nie piment gebruik nie maar eerder 4 heel naeltjies by gesit. Dit proe absoluut fantasties! O ja, en ipv kerriepoeier het ek masala poeier gebruik.