Soorte resepte:

Resep: Maaskaas-wafels

Maaskaas-wafels. (Foto: Rediscover Dairy/verskaf)

Bederf jou gesin met smullekker wafels.

Bestanddele

  • koppielaevet maaskaas (jy kan ook volroom of vetvrye, gladde maaskaas gebruik)
  • 4groot eiers
  • 10 e hawermoutmeel (85 g)
  • 4 e gemaalde vlasaad of vlasaadmeel (flaxseed)
  • 4 e gekapte grasuie (opsioneel)
  • ¼ t sout
  • ¼ t bakpoeier
  • ¼ t gemaalde swartpeper
  • 80 g gerasperde mozzarella- of cheddarkaas (opsioneel) – ongeveer 10 g per wafel

Metode

  • Plaas al die bestanddele behalwe die kaas in ʼn bak en klits tot goed gemeng. Laat staan vir 5 tot 10 minute om effens te verdik en dat die vog deur die hawermoutmeel geabsorbeer word.
  • Verhit ʼn kleefvrye wafelpan tot warm en gereed vir bak. Spuit liggies met kooksproei of gebruik bietjie olie indien nodig. As die wafelpan egter kleefvry is, benodig dit geen olie nie.
  • Sprinkel ʼn bietjie kaas liggies op die basis van die wafelpan wat jy gebruik en skep dan ongeveer ¼ koppie beslag op die pan. Die hoeveelheid sal wissel na gelang van die grootte van jou wafelmaker. Sprinkel nog ʼn bietjie kaas oor die beslag, maak die wafelpan toe en bak tot goudbruin aan albei kante.
  • Skep die wafel uit op ʼn opdienbord en bedien met ʼn gebakte eier, roomkaas, avokadopeer en salm.

Bron: Rediscover Dairy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.