Soorte resepte:

[Resep] Macaroni en kaas

Macaroni-en-kaas

Macaroni en kaas. Foto: Sakpasgeregte

Lekker voelgoed-kos vir die koue wat op pad is. (Uit: Spogresepte van die Suid-Afrikaanse Vroue-landbou-unie)

Lewer 4 porsies

Bestanddele:

  • 300 g macaroni
  • olyfolie
  • 1 x 60 g-pakkie wituiesoppoeier
  • 300 ml melk
  • 300 ml water
  • 250 ml gerasperde cheddarkaas
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 1 tamatie, in skyfies gesny .
  • botter

Metode:

  1. Kook die macaroni volgens die aanwysings op die verpakking.
  2. Dreineer dit en roer ʼn bietjie olyfolie deur.
  3. Voorverhit intussen die oond tot 180 °C.
  4. Meng die soppoeier, melk en water in ’n kastrol. Verhit dit tot kookpunt en roer tot dit begin verdik.
  5. Roer die helfte van die kaas by en geur na smaak. Roer die macaroni by en skep dit in ’n oondbak.
  6. Rangskik die tamatieskyfies in ’n laag bo-op, geur met sout en peper en strooi die orige kaas bo-oor.
  7. Stip dit met klontjies botter en bak dit 35 minute of tot goudbruin.

Bron: Sakpasgeregte
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Armando ·

Middag Maroela, ek is nou maar eenmaal “daai oom”. Ek sou nogtans graag wil weet, want dit pla my al járe, wie is die sot wat die woord “macaroni” uitgedink het. Italiaans is dit beslis nie, glo my asb, en Afrikaans ook nie want daar is ‘n “c” voor die “a” en het nie ‘n “e” op die einde na die “i” nie. Kan julle miskien help? Dankie.

Nic ·

Net soos met pizza as kitskos, os “macaroni & cheese” ‘n Amerikaanse uitvindsel

Zbc ·

Sjoe die resep klink absoluut heerlik en lyk maklik genoeg!!!! Ek is mal oor enige iets met Macaroni. Baie dankie Maroela!

Loretta van Wyk ·

Dit lyk heerlik gaan dit probeer. Het dit sopas gemaak en julle DIS HEERLIK VERBY !!!!

Jo ·

Het dit gister gemaak. Baie lekker, vinnig en maklik. Ek het by die uiesop en kaasmengsel bietjie droe mostertpoeier en paprika bygevoeg en bros “bacon bits” oorgestrooi,
Mmmm!!!!

Pieter Smit ·

Lekker vegetaires kosse vandag sonder eiers vleis en sampioene Baie dankie

alice botha ·

lekker man lekker ek doen dit altyd so voeg n blikkie chakalaka by proe dan. wat beteken macaroni dan? ons sal graag wil weet

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.