Soorte resepte:

Resep: Meksikaanse sop

Meksikaanse sop. (Foto: Lapa Uitgewers)

Hierdie resep is spesiaal vir die sopliefhebbers, ongeag die weer.

Lewer 6 porsies.

Bestanddele

  • 10 ml olyfolie
  • 1 middelslag ui (100 g)
  • 2 knoffelhuisies
  • 2,5 ml rissiepoeier (opsioneel)
  • 5 ml fyn komynsaad
  • 5 ml fyn koljander
  • 1 middelslag rooi soetrissie, ontpit en fyngekap (100 g)
  • 1 blik (400 g) ingemaakte gekapte tamaties
  • 10 ml tamatiepuree
  • 1 blik (215 g) geroomde suikermielies
  • 20 ml groenteaftrekselpoeier
  • 600 ml kookwater
  • 1 blik (400 g) gaar rooi nierboontjies (240 g gedreineer)
  • 2 blikke (215 g elk) of 1 blik (410 g) gebakte bone in tamatiesous
  • sout na smaak
  • varsgemaalde swartpeper na smaak

Metode

  1. Verhit die olie in ʼn groterige kastrol oor matige hitte. Voeg die ui en knoffel by en roerbraai totdat die ui deurskynend is.
  2. Voeg die rissiepoeier, komynsaad, koljander, soetrissie, tamatie, tamatiepuree, suikermielies, groenteaftrekselpoeier en kookwater by.
  3. Prut vir 15 tot 20 minute. Roer die nierboontjies en gebakte bone en tamatiesous in die blik by en prut nog 5 tot 10 minute.
  4. Geur na smaak met sout en peper.

Bron: Uitpakkos
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.