Soorte resepte:

Resep: Melkkos

melkkos-resep

Argieffoto.

ʼn Suid-Afrikaanse gunsteling wat jou aan jou ouma se kombuis sal herinner.

Lewer 6 porsies.

Bestanddele

  • 2 ℓ Clover-volroommelk
  • 312 ml (1¼ k) koekmeel
  • 2,5 ml sout
  • 45 ml (3 e) Clover Farmstyle-botter

Kaneelsuiker

  • 250 ml (1 k) suiker
  • 7,5 ml (1½ t) fyn kaneel

Metode

  1. Verhit die melk in ʼn groot genoeg kastrol tot net warm.
  2. Meng die meel en sout saam. Vryf die botter daarby in totdat dit soos broodkrummels lyk.
  3. Sprinkel die meelfrummels oor die warm melk en roer dit tot gemeng.
  4. Verhit tot kookpunt, verlaag die hitte en laat prut vir 10 minute oor lae hitte tot dik.
  5. Die melkkos kan klonterig wees, maar roer dan met ʼn ballonklitser tot kleiner klonte vorm.

Kaneelsuiker

  1. Meng die kaneel en suiker en sprinkel dit bo-oor die melkkos.

Bron: Onthoukos
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.