
Tuisgebakte mini pizzas is maklik en vinnig om voor te berei en ideaal vir die kosblik. Foto: Pinterest.com.
Is jy reeds op soek na oulike idees vir die kosblik op die eerste dag van die nuwe skooljaar? Bederf die jongspan met hierdie maklike resep vir tuisgebakte mini pizzas vir die eerste dag terug by die skool.
Lewer ± 24 pizzas
Bestanddele:
Kors
- 750ml koekmeel
- 15ml bakpoeier
- 250ml melk
- 100ml olie
Tamatiebasis
- 60ml tamatiesous
- 45ml warm water
- 45ml olie
Hawaise bolaag
- 250g Mozzarellakaas, gerasper
- 8 snye ham, gekap
- 1x 44og-blik pynappelstukke, gedreineer
- sout, varsgemaalde peper en knoffel na smaak
Metode:
- Meng die koekmeel en bakpoeier in ‘n mengbak en voeg die melk en olie by. Meng tot ‘n sagte deeg. Die deeg moet dieselfde tekstuur as brooddeeg hê. As die mengsel te droog is, kan ‘n bietjie ekstra olie en melk bygevoeg word tot die deeg hanteerbaar is.
- Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ‘n bakplaat.
- Rol die deeg uit (so dun soos jy verkies) op ‘n werkoppervlakte wat liggies met meel bestrooi is en sny sirkels van ongeveer 5 tot 10cm in deursneë uit. Rangskik die sirkels op die voorbereide bakplaat.
- Meng die tamatiesous, water en olie en smeer dit egalig oor die pizzabasisse.
- Strooi die gekapte ham, speserye en pynappelstukke oor die deeg en bedek met die gerasperde mozzarellakaas.
- Bak 10 tot 15 minute of tot goudbruin aan die onderkant. Sit dadelik voor.
Bron:
Lekker & Vinnig Kosblikkos deur Lapa Uitgewers
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
2 Kommentare
Mal oor julle blad en wil julle graag op facebook he… Baie dankie