Soorte resepte:

[Resep] Muesli met appel en jogurt

Foto: Lapa

ʼn Lekker ontbytidee vir die naweek

Bestanddele

  • 160 g (2 klein) vars appel
  • 60 g muesli
  • 200 ml ongegeurde laevetjogurt
  • 10 ml heuning
  • vanieljegeursel na smaak
  • fyn kaneel na smaak

Metode

  1. Ontkern die appel en sny dit verkieslik mét die skil aan in blokkies. Plaas die appelblokkies in ʼn papbord of glasbakkie en strooi die muesli oor.
  2. Meng die jogurt met heuning en ʼn paar druppels vanieljegeursel en skep dit oor die muesli en appelblokkies. Strooi fyn kaneel oor.

Variasies vir vrugte

Vervang die appelblokkies met vrugte van jou keuse, soos bessievrugte, pynappel, papaja, kiwivrugte, vars of ingemaakte vrugte, of gestoofde droëvrugte.

Bron: Min Moeite

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.