Soorte resepte:

Resep: ‘Net Koffie’ se geroosterde biefstuk met sitrusblatjang

Geroosterde biefstuk met sitrusblatjang. (Foto: verskaf)

ʼn Gewone biefstuk sal net nooit weer dieselfde proe nadat jy dié heerlike resep probeer het nie. Kry die derde episode van “Net Koffie” se smullekker resepte hier.

Bestanddele:

Blatjang: 

  • ½ pomelo, dun skywe, pitte verwyder
  • 224 g koemkwat, in skywe gesny, pitte verwyder
  • 1 salot, fyn gekap
  • ⅔ k suiker
  • knippie kosjer sout
  • 1e sjampanje-asyn of witwynasyn

Biefstuk: 

  • 2 e koljandersaad
  • 2 e gemaalde koffie
  • 2 e kosjer sout
  • 4 t ligte bruinsuiker
  • 4 t onversoete kakaopoeier
  • 1 e varsgemaalde swartpeper
  • groente-olie (vir rooster)
  • 2 ‘hanger’-biefstukke, middelmembraan verwyder, elk in 4 stukke gesny

Metode:

Blatjang:

  1. Bring pomelo’s, koemkwats, salot, suiker, sout en ¼ koppie water tot prut in ʼn klein kastrol oor medium-lae hitte, roer af en toe en verlaag hitte indien nodig, totdat sitrus sag en vloeistof stroperig is – vir 45 tot 60 minute. Roer asyn by en laat afkoel. Bedek en verkoel.
  2. Doen vooruit: Blatjang kan 1 week vooruit gemaak word. Hou verkoel.

Biefstuk:

  1. Rooster koljandersaad in ʼn klein pan oor medium hitte, roer af en toe tot geurig, sowat 2 minute. Laat afkoel, maak dan fyn in speserymeul of vysel en stamper. Meng gemaalde koljander, koffie, sout, bruinsuiker, kakaopoeier en peper in ʼn klein bakkie.
  2. Berei ʼn rooster op medium-hoë hitte voor; liggies olie. Geur die biefstukke mildelik met die invryfmengsel (jy sal ʼn bietjie oor hê). Rooster biefstukke, draai af en toe, tot gaar tot verlangde vlak – sowat 8 tot10 minute vir medium. Plaas op ʼn snyplank en laat rus vir 10 minute, sny dan teen die grein. Sit voor met sitrusblatjang.
  3. Doen vooruit: Invryfmengsel kan 1 dag vooruit gemaak word. Berg in ʼn lugdighouer teen kamertemperatuur.
  • Net Koffie word op Sondae om 17:30 op kykNET, DStv-kanaal 144, uitgesaai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
Alta Alleman

Aai hoe wens ek dat ek n stuk biefstuk kan bekostig.

kaplyn

Nee wat hierdie is te “fancy” vir my. My steak wat ek op my manier oor die kole braai smaak voortreflik!