Soorte resepte:

Resep: ‘Net Koffie’ se koffie-gepekelde hoender

‘Net Koffie’ se koffie-gepekelde hoender. (Foto: verskaf)

Hierdie geurige hoenderdis sal daardie maag van jou sommer vinnig aan’t grom sit. Kry die sesde episode van Net Koffie se resepte hier.

Bestanddele

Vir die hoender

  • 2 kg heel organiese hoender
  • 2½ e bruinsuiker
  • 1½ e ongesoute botter
  • 2 k 1%-melk

Vir die koffiepekel

  • 500 ml warm, vars koffie
  • 85 g sout
  • 2 t heel swartpeperkorrels
  • 3 steranys
  • 1 t heel naeltjies
  • 2 sappige lemoene, gehalveer
  • 425 g ys

Metode

  1. Meng sout, peperkorrels, steranys en naeltjies in ʼn klein pot. Druk lemoenhelftes oor mengsel en voeg dan helftes by. Gooi warm koffie oor mengsel, roer en bedek pot met deksel. Laat pekelwater vir tien minute trek.
  2. Intussen, druk die hoender droog, verwyder ingewande en nek en vryf albei kante met bruinsuiker in.
  3. Plaas die ys in ʼn groot bak. Voeg koffiepekel by en roer tot ys smelt.
  4. Voorverhit oond tot 190 ˚C.
  5. Verhit botter oor matige hitte, verbruin hoender aan albei kante. Voeg pekelwater en melk by die hoender, bedek en plaas in oond. Kook vir ʼn uur met die deksel op. Verwyder deksel. Gaan voort om vir nog 30-40 minute te kook of totdat die interne temperatuur van die hoender 165 ˚C is.
  6. Trek vleis van die bene af en bedien. Maak seker dat jy ʼn bietjie van die sous oor die vleis skep, indien verkies.
  • Net Koffie word op Sondae om 17:30 op kykNET, DStv-kanaal 144, uitgesaai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Luxrider ·

Dink nie die tempratuur vir die hoender is reg nie. 160 grade celcius sal houtskool tot gevolg hê. 160 grade farenheit sal egter die regte resultaat lewer

De Villiers ·

160 grade farenehiet is maar 70 grade celsius.
Ek bak my hoender teen 200+ grade celsius.

Die louoond is op 70 grade celsuis gestel…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.