Soorte resepte:

Resep: Ontbytsampioene en saggekookte eiers

Ontbytsampioene en saggekookte eiers. (Foto: SAMFA)

Hierdie sampioen-ontbytgereg is die perfekte dis om jou dag mee af te skop.

Genoeg vir 4

Bestanddele

  • 4 eiers
  • 200 g krulkool of boerekool (kale)
  • 4 groot Portabella-sampioene

Hollandaisesous

  • 2 eiergele
  • 1 t water
  • 2 t vars suurlemoensap
  • 115 g botter
  • knippie sout
  • olyfolie
  • sout en peper na smaak
  • sesamsade, vir opdien

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.

Vir die gekookte eiers

  1. Bring water in ʼn klein pot tot kookpunt.
  2. Voeg die eiers by en kook vir 6,5 minute.
  3. Gooi in ʼn bak yswater om die kookproses te stop.
  4. Sodra dit afgekoel is, dop die eier af en hou eenkant.

Vir die bros boerekool

  1. Plaas die boerekool in ʼn groot mengbak en bedruip liggies met olyfolie.
  2. Geur goed met sout en peper.
  3. Versprei die geurmiddels behoorlik in die boerekool.
  4. Lugbraai vir 5 minute by 160 °C of oondbak by 180 °C vir 10 minute.

Vir die Portabello-sampioene

  1. Smeer die sampioene met olyfolie en geur goed met sout en peper.
  2. Rooster in die oond vir sowat 10 minute, afhangend van hul grootte, tot sappig en sag.

Vir die hollandaisesous

  1. Meng die eiergele, water, suurlemoensap en ʼn knippie sout in ʼn beker.
  2. Smelt botter in ʼn klein kastrol oor hoë hitte totdat dit borrel. Verwyder van die hitte.
  3. Gebruik ʼn elektriese staafmenger om die bestanddele te meng. Soos wat jy meng, drup die warm botter stadig in die mengsel in. Gaan voort totdat die sous dik is.

Om op te dien

  1. Plaas die geroosterde sampioene op ʼn hopie bros boerekool.
  2. Sny die gekookte eiers in skywe en plaas bo-op die sampioene.
  3. Sprinkel ʼn knippie sesamsaad oor.
  4. Skep ruim lepels van die hollandaisesous oor en bedien.

Bron: The South African Mushroom Farmers’ Association (SAMFA)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.