Soorte resepte:

Resep: Pasta Alfredo met geroosterde knoffel

Foto: Trooskos

Foto: Trooskos

Met hierdie kookboek kan jy ‘n vinnige, heerlike bederf vir jouself maak, of ‘n driegangmaaltyd vir ‘n spesiale geleentheid voorberei.

Genoeg vir 4

Bestanddele:

  • 1 heel knoffel
  • 2 k (500 ml) Clover vars room
  • I k (250 ml) Clover vars volroommelk
  • ½ ui, geskil en in ringe gesny
  • 2 lourierblare
  • ¼ k (60 g) Clover Mooi River botter
  • 2 e (30 ml) koekmeel
  • 350 g gaar spaghetti of linguini-pasta, gedreineer
  • ½  k (80 g) bevrore ertjies
  • ½ k (65 g) ham, gekap
  • sap en fyn gerasperde skil van suurlemoen
  • ⅓ k (55 g) Parmesaankaas, fyn gerasper
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Metode:

  1. Voorverhit die oond tot 170 °C. Rooster die knoffel 30 tot 45 minute lank in ’n oondroosterpan tot sag.
  2. Skakel die oond af en laat die knoffel in die oond afkoel.
  3. Verhit die room, melk, ui en lourierblare oor matige hitte in ’n kastrol. Dit moenie kook nie.
    Hou eenkant vir 10 minute sodat die geure kan ontwikkel.
  4. Giet deur ʼn sif en behou die vloeistof.
  5. Verhit die botter oor matige hitte in ’n pan tot borrelend.
  6. Roer die meel by en kook 1 minuut.
  7. Roer die roommengsel stadig by en hou aan roer om te voorkom dat klonte vorm.
  8. Verlaag die hitte en roer die gaar pasta, ertjies, ham, suurlemoensap en -skil en helfte van die kaas by.
  9. Druk die knoffelhuisies uit die skilletjies in ’n mengbak en druk met ’n vurk fyn. Meng by die pasta. Geur met sout en peper en verhit tot deurwarm. Strooi die res van die kaas oor.

Bron: Trooskos
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Matiet ·

Baie lekker om al di nuus in afrikaans te kry en gratis ! Net wonderlik ! Dankie !

Esmarie ·

Hoekom kan ons nie meer resepte copy of print van die webblad af nie? Dit sal baie help as ons die resepte wil uittoets. :-)
Mooi dag vir julle!

Adéle Changuion ·

Dagsê Esmarie

Ons moes ongelukkig die funksie wat mens toelaat om teks op die webwerf te kopieer of dat iemand kan regsklik en dan die dokument te kan uitdruk, deaktiveer, aangesien sommige webwerwe ons inligting onregmatig gebruik het.

Maak gerus óf ʼn skermskoot óf klik regs bo op jou webblaaier (“browser”) op die knoppie wat soos drie horisontale lyntjies lyk (op Chrome en Firefox) of ʼn sirkelvormige ratjie (Internet Explorer). Dit maak verdere opsies oop en daar kan jy dan klik “print”. As jy nie ʼn drukker het nie, kan jy die dokument dalk in ʼn .pdf-formaat (elektronies) druk – dan kan jy makliker daarmee werk.

Groetnis
Adéle
nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.