Soorte resepte:

Resep: Pasta met frikkadelle

Foto ter illustrasie. (Foto: Max Griss/Unsplash)

Daar is niks lekkerder as ’n bord pasta nie en dié frikkadelle-dis moet beslis by jou familieresepteboek gevoeg word.

Lewer 6 porsies

Bestanddele

Sous

  • 45 ml botter
  • 45 ml koekmeel
  • 1 x 410 g-blik tamatie-en-uiesmoor
  • 250 ml beesvleisaftreksel
  • 15 ml gekapte vars pietersielie
  • 45 ml bruinsuiker
  • 125 ml room
  • sout en peper na smaak

Frikkadelle

  • 2 snye vars witbrood
  • 125 ml melk
  • 15 ml olie
  • 1 ui, fyn gekap
  • 2,5 ml knoffelvlokkies
  • 800 g beesmaalvleis
  • 2 eiers
  • 30 ml gekapte vars pietersielie
  • sout en peper na smaak
  • 45 ml blatjang

Pasta

  • 500 g penne pasta

Metode

Sous

  1. Smelt die botter in ’n kastrol en roer die meel by. Voeg die smoor, aftreksel, pietersielie en suiker by. Verhit tot kookpunt en prut vir 10 minute.
  2. Verwerk die sous en room in ’n voedselverwerker tot glad.

Frikkadelle

  1. Week die brood in melk tot sag.
  2. Verhit die olie in ’n pan en soteer die ui en knoffel tot sag.
  3. Meng die brood, uiemengsel en res van die bestanddele. Vorm klein balletjies.
  4. Verhit ’n bietjie olie in ’n braaipan en braai die frikkadelle tot goudbruin.
  5. Plaas die frikkadelle in ’n oondpan, giet die sous bo-oor en bak vir 30 minute.

Pasta

  1. Kook die pasta in borrelende water met bietjie sout tot al dente (net gaar). Dreineer en roer ’n bietjie olie deur.
  2. Skep die frikkadelle met sous oor warm pasta en meng deur.

Bron: Sakpasgeregte
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.