Soorte resepte:

Resep: Pesto-patee

Pesto-patee (Foto: Lapa-uitgewers)

ʼn Eenvoudige dis, gepas vir enige geleentheid.

Lewer 4-6 porsies

Bestanddele

  • 3 middelslagaartappels, geskil en gekook
  • 125 ml warm groente-aftreksel
  • 30 ml basiliekruidpesto
  • 125 ml ongegeurde jogurt
  • 125 ml gekrummelde fetakaas
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Metode

  1. Druk die aartappels fyn; maak seker daar is geen klonte nie.
  2. Maak die aartappels effens nat met die aftreksel voor die pesto bygevoeg word.
  3. Voeg die jogurt en fetakaas in.
  4. Geur na smaak en skep in pateebakkies en verkoel tot benodig. Sit met varsgebakte brood voor.

Wenk

Moenie hierdie patee in ʼn voedselverwerker voorberei nie, want dit sal in ʼn klewerige homp verander.

Bron: Koskaskos deur François Ferreira

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae