Soorte resepte:

Resep: Pikante sitrus-hoendervlerksosaties

Pikante sitrus-hoendervlerksosaties. (Foto: Lapa Uitgewers)

Kikker jou aandete met dié pikante hoendersosaties op.

Lewer 4-6 porsies

Bestanddele

Marinade

  • 125 ml lemoensap
  • 50 ml suurlemoensap
  • 30 ml heuning
  • 30 ml olyfolie
  • 10-15 ml brandrissiepoeier
  • 5 ml knoffelsout
  • 5 ml paprika
  • Varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap

Sosaties

  • 18 hoendervlerkies, in die helfte gesny
  • 6 sosatiestokkies, vir 1 uur in water geweek

Metode

Marinade

  1. Meng die lemoensap, suurlemoensap, heuning, olie, brandrissiepoeier, knoffelsout, paprika en peper saam.

Sosaties

  1. Rangskik die hoendervlerkies in ‘n groot, vlak bakskottel en giet die marinade oor. Laat die vlerkies vir minstens 5 uur in die marinade rus.
  2. Ryg die vlerkies op die sosatiestokkies en braai dit vir 15-20 minute oor matige kole terwyl jy dit gereeld draai.

Bron: Sosaties
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

VaalDonkie ·

Julle onderskat my talent as julle dink dit lewer 4 to 6 porsies XD. Dit klink te lekker om te deel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.