Soorte resepte:

Resep: Plaatkoekies

Plaatkoekies Foto: perfectpancake.info (Charles Gold/CORBIS)

Plaatkoekies Foto: perfectpancake.info (Charles Gold/CORBIS)

Wenk: Stapel die plaatkoekies op mekaar met heuning, stroop, konfyt of gerasperde kaas tussenin en sit dit vuurwarm voor.

Lewer 6 groot plaatkoekies

Bestanddele:
180 g (300 ml) bruismeel
40 g (75 ml) volroommelkpoeier
15 ml bakpoeier
2 ml sout
15 ml suiker
1 eier
250 ml water
15 g (15 ml) botter of margarien, gesmelt

Metode:
1. Sif die bruismeel, melkpoeier, bakpoeier, sout en suiker saam.
2. Klits die eier effens en meng met die water en botter of margarien.
3. Voeg die vloeistof by die meelmengsel en klop dit tot glad.
4. Smeer ‘n braaipan en verhit dit oor matige hitte (die braaipan moenie te warm word nie, want dan gaan die plaatkoekies te gou verbruin en nie deurbak nie).
5. Giet sowat 100 ml van die beslag in die pan en bak tot borrelrig bo en goudbruin onder (halveer die hoeveelheid beslag as jy 12 kleiner plaatkoekies wil bak). Keer dit met ‘n eierspaan om en bak die ander kant ook tot goudbruin.

Hierdie resep is oorspronklik gepubliseer in Huisgenoot Wenresepte 1
Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R285-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.