Soorte resepte:

Resep: Portobello-en-nierboontjiepastei

Portobello-en-nierboontjiepastei. (Foto: verskaf)

Bedien dié pastei saam met ’n kraakvars slaai en geniet dit saam met jou vriende en familie.

Bedien 8

Bestanddele

  • 2 uie, gekap
  • 4 knoffelhuisies, gerasper
  • 2 e balsamiese asyn
  • 1 e miso‑pasta
  • 2 e tamatiepasta
  • 500 g portobellosampioen-steaks
  • 500 g portobellini‑sampioene, in kwarte gesny
  • 50 g meel
  • 500 ml groenteaftreksel
  • 2 x 400 g blikkies nierboontjies, gedreineer en afgespoel
  • 1 x 400 g gekoopte skilferkorsdeeg
  • 1 groot eier, liggies geklits om kors mee te bestryk
  • olyfolie
  • sout en peper na smaak

Metode

  1. Verhit ’n bietjie olyfolie in ’n groot kastrol. Braai die sampioene in sarsies tot dit heeltemal goudbruin is. Verwyder en plaas eenkant.
  2. Gooi ’n klein bietjie vars olyfolie in die pan. Soteer die uie tot sag. Voeg die knoffel by en braai tot geurig.
  3. Voeg die balsamiese asyn, miso‑pasta, tamatiepasta by en prut tot die tamatiepasta verkleur na ’n ryk, donker baksteenrooi.
  4. Voeg die goudbruin sampioene by en sprinkel met meel. Meng goed sodat alles met die meel bedek is.
  5. Gooi die groenteaftreksel by terwyl jy roer sodat dit ’n egalige sous vorm.
  6. Voeg die nierboontjies by en laat dit prut.
  7. Prut tot verdik en tot al die geure saamgesmelt het. Proe om die geurmiddels aan te pas.
  8. Verhit die oond tot by 200 ºC.
  9. Skraap die vulsel in ’n oondbak van ± 22 cm x 30 cm.
  10. Rol die deeg op ’n meelbestrooide werksoppervlak uit om bo-op jou oondbak te pas.
  11. Bedek die vulsel met die skilferkorsdeeg en druk liggies af om die randte van die oondbak om die pastei te verseël.
  12. Maak vier klein snytjies in die deeg sodat die stoom kan ontsnap.
  13. Verf die oppervlak mildelik met bestrykeier en plaas in die oond.
  14. Bak vir 30‑35 minute tot die kors goudbruin en deurgaar is.

Bron: The South African Mushroom Farmers’ Association (SAMFA)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.