Soorte resepte:

Resep: Propvol aartappeljassies

Aartappeljassies. Foto: Trooskos

Aartappeljassies. (Foto: Trooskos/Lapa Uitgewers)

As jy na iets maklik soek om vir die gesin op te dis, is hierdie aartappeljassies net die regte ding. Dit is eenvoudig om te maak en smaak heerlik.

Genoeg vir 4 tot 6 mense

Bestanddele:

  • 5 groot (1 kg) aartappels, geskrop
  • 250 g spek, gebraai en gekap
  • 6 sprietuie, gesny
  • ¼ k (60 ml) Clover-suurroom
  • ¼ k (25 g) Clover-goudakaas, gerasper
  • ¼ k (25 g) Clover-cheddarkaas, gerasper
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • ¼ k (60 g) Clover Mooirivier-botter, gesmelt
  • gesnipperde grasui

Metode:

  1. Voorverhit die oond tot 180°C.
  2. Rangskik die aartappels op ’n bakplaat en bak 45 tot 60 minute lank op die middelste oondrak. Laat afkoel.
  3. Meng die spek, sprietuie, suurroom en die helfte van die kase en geur met sout en peper. Hou eenkant.
  4. Voorverhit die oondroosterelement tot matig warm.
  5. Sny die afgekoelde aartappels versigtig in kwarte, sodat die skille heel bly.
  6. Skep die aartappelvleis uit die skille, maar behou ’n 5-mm laag in elke kwart.
  7. Rangskik op ’n  bakplaat met die skil na bo.
  8. Verf die helfte van die botter oor die skille en rooster vir 3 tot 4 minute tot goudbruin. Draai om.
  9. Verf die res van die botter oor en rooster weer vir 3 tot 4 minute.
  10. Skep die spekmengsel in die holtes van die skille.
  11. Strooi die res van die kaas oor en rooster nog 4 tot 5 minute, of tot die kaas gesmelt en goudbruin is.
  12. Strooi gesnipperde grasui oor en sit voor.

Bron: Trooskos
Uitgewer: LAPA Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.