Soorte resepte:

Resep: Roereier met gerookte salm

Roereier met gerookte salm. (Foto: Lapa Uitgewers)

Ontbyt is die belangrikste maaltyd van die dag, en dié ontbyt sal ’n wonderlike ontbytkeuse wees.

Genoeg vir 2.

Bestanddele

  • 4 eiers
  • ¾ k (60 ml) Clover- vars room
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 2 e (30 ml) Clover Mooi River-botter
  • 100 g gerookte salm
  • 1 e (15 ml) vars dille of vinkel
  • 1 suurlemoenwiggie

Metode

  1. Klits die eiers, room, sout en peper saam.
  2. Verhit die botter in ‘n pan en giet die eiermengsel by sodra die botter begin borrel. Los vir 30 sekondes en gebruik dan ‘n eierspaan om die mengsel van die rand van die pan na binne te trek.
  3. Hou aan totdat die eier net gaar is. Verwyder van die hitte en roer die salm en dille of vinkel by.
  4. Druk die suurlemoen daaroor uit en sit voor met geroosterde croissants en botter.

Bron: Trooskos
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.