Soorte resepte:

Resep: Romerige murgpampoensop

Foto ter illustrasie. (Foto: Arhad Ibrahimzade/Unsplash)

Die winter mag dalk amper verby wees, maar sopliefhebbers sal beslis nie hul neuse vir dié murgpampoensop optrek nie.

Bestanddele

  • 3 k (750 ml) aangemaakte groenteaftreksel
  • 8 (250 g) murgpampoentjies, gewas en in stukke gesny
  • 1 (3 g) groot knoffelhuisie, gekap
  • halwe ui (30 g), geskil en gekap
  • sout en peper na smaak
  • 50 g spinasie, gewas
  • 1 k (250 ml) maas

Om op te dis:

  • 10 ml olyfolie
  • gerasperde parmesaankaas
  • korserige brood

Metode

  1. Plaas die groenteaftreksel, murgpampoentjies, knoffel en ui in ’n kastrol en laat prut tot die murgpampoentjies en ui sag is. Geur met sout en peper na smaak.
  2. Verwyder die sop van die hitte en voeg die spinasie by, bedek met ’n deksel vir 5 minute.
  3. Giet die sop in ’n menger in en meng vir 1 minuut. Voeg die maas by en meng weer om ’n gladde en romerige sop te vorm.
  4. Bedien die sop in verskillende bakkies, bedruip met olyfolie en sprinkel die parmesaan bo-oor. Bedien met korserige brood.

Bron: https://www.rediscoverdairy.co.za/recipe/creamy-amasi-baby-marrow-soup/

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.