Soorte resepte:

Resep: Sampioen-en-seekospastei

Waag jou hand aan dié heerlike seekospastei.

Bedien 8

Bestanddele

Bolaag

  • 1 kg aartappels, geskil en in blokkies gesny
  • 125 g botter
  • 125 ml warm melk

Vulsel

  • 600 ml volroom melk
  • 5 lourierblare
  • 500 g gerookte skelvis
  • 500 g garnale, are en doppe verwyder
  • 500 g wit knopiesampioene, in skywe gesny
  • 50 g botter
  • 1 groot ui, gekap
  • 1 groot wortel, geskil en in ringe gesny
  • 1 groot prei, gewas en in ringe gesny
  • 40 g meel
  • 150 ml witwyn
  • 2 t Dijonmosterd
  • ½ t rooipeper
  • skil van 1 suurlemoen
  • 2 e grasuie, in ringe gesny
  • 2 e vinkelblare
  • 2 e broodkrummels
  • 2 e Parmesaankaas, gerasper
  • olyfolie
  • sout en peper na smaak

Metode

Vir die bolaag

  1. Plaas die aartappels in ’n pot koue, gesoute water.
  2. Laat dit liggies prut tot sag.
  3. Sit die aartappels terug in die pot om droog te stoom.
  4. Maak dit fyn en voeg die melk en botter by soos wat jy aangaan, tot dit glad is.
  5. Proe om die geurmiddels aan te pas. Sit eenkant.
  6. Sit die melk en die lourierblare in ’n medium-grootte kastrol en verhit.
  7. Voeg die skelvis by en posjeer versigtig tot dit deurgaar is.
  8. Verwyder uit die melk.
  9. Sit eenkant.

Vulsel

  • Verhit ’n bietjie olyfolie in ’n groot braaipan.
  • Soteer die garnale tot pienk en goudbruin aan albei kante.
  • Sit eenkant.
  • Verhit vars olyfolie in dieselfde pan.
  • Soteer die sampioene tot goudbruin en tot al die vloeistof weggekook het.
  • Sit eenkant.
  • Voorverhit die oond tot by 220 °C.
  • Verhit ’n bietjie olyfolie saam met die botter in ’n groot gietysterpan.
  • Soteer die ui, wortel en prei tot sag.
  • Sprinkel die meel oor en braai vir een minuut.
  • Gooi die wyn stadig by. Roer en krap enige meel van die bodem van die pot af.
  • Gooi die melk/posjeervloeistof in en roer om te meng.
  • Voeg die Dijonmosterd, rooipeper, suurlemoenskil by en laat dit prut tot verdik.
  • Proe om die geurmiddels aan te pas.
  • Voeg kruie teen die einde by en vou in saam met die skelvis, garnale en sampioene.
  • Skep vulsel in ’n oondbak van ± 28 cm x 22 cm.
  • Bedek versigtig met die kapokaartappels. Maak seker om dit goed te versprei en kerf snye in met ’n vurk as jy wil.
  • Sprinkel die broodkrummels en Parmesaankaas oor.
  • Bak in die warm oond vir 20‑25 minute tot goudbruin.
  • Bedien met ’n vars groenslaai en geniet!

Bron: The South African Mushroom Farmers’ Association (SAMFA)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jacqueline ·

Ek hou van die Suid Afrikaanse resepte. Ek is Nederlandse maar begryp 2 dinge nie. Wat beteken sopie en watter verhouding is “k” in die resepte?

Esté Meyer Jansen ·

Dagsê Jacqueline

Baie dankie vir jou navraag.
‘n Sopie is ‘n “tot glass” of “tot measure” wat ongeveer 25 ml is en kan sommer so met die oog geskat word. Die “k” is ‘n afkorting vir ‘n koppie of 250 ml.
Hoop dit verskaf meer duidelikheid.

Dankie vir jou ondersteuning, ons hoop jy kuier nog lekker hier saam met ons in Afrikaans op Maroela Media.

Groetnis
Esté Meyer Jansen namens Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.