Soorte resepte:

Resep: Sampioenaartappelskottel met sjerrie

Sampioenaartappelskottel met sjerrie. (Foto: Lapa Uitgewers)

Hierdie sampioen-en-aartappelgereg sal ’n treffer by jou volgende braai wees.

Lewer 6 porsies

Bestanddele

  • 6 middelslag-aartappels
  • 200 g knopiesampioene, in skyfies gesny
  • 1 ui, geskil en gekap
  • 3 knoffelhuisies, geskil en gekneus
  • 50 ml botter of margarien
  • 4 repies ontbytspek, gekap en gebraai
  • 5 ml sout
  • varsgemaalde swartpeper
  • 125 ml vleisaftreksel
  • 250 ml room
  • 10 ml paprika
  • 10 ml vars of 5 ml droë gemengde kruie
  • 50 ml sjerrie

Metode

  1. Voorverhit oond tot 180 ˚C.
  2. Kook aartappels tot halfgaar, laat afkoel en trek skille af. Sny gelyk aan een lang kant en hol uit sodat net ’n dop oorbly. Kap uitgeskepte aartappels fyn.
  3. Braai sampioene, ui en knoffel in smeer en roer aartappels en spek in.
  4. Vul uitgeholde aartappels, rangskik in skottel en skep res van vulsel rondom.
  5. Meng sout, peper en vleisaftreksel, room, paprika, kruie en sjerrie. Verdik sous met 10 ml mielieblom indien nodig.
  6. Giet oor aartappels, bedek en bak 45-60 minute lank tot sag.
  7. Sit warm voor.

Bron: Braaigeregte
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

kaplyn ·

Omdat skille nie met almal se spysverteringskanaal werk nie. Semels en skille is eindlik varkkos. (Meng jou met die semels dan vreed die varke jou op)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.