Soorte resepte:

Resep: Sampioenbiefstuk met pittige Chimichurri

Sampioenbiefstuk met pittige Chimichurri. (Foto: SAMF)

Kikker jou aandete met dié sampioengereg op.

Lewer 2 porsies.

Bestanddele

Vir die Chimichurri

  • 1 sjalot, fyngekap
  • 1 rooi brandrissie, in skywe gesny
  • 3 knoffelhuisies, fyngekap
  • ½ koppie rooiwynasyn
  • 1 t sout
  • ½ k koljander, gekap
  • ¼ k pietersielie, gekap
  • 2 e oregano, gekap
  • ¾ k olyfolie

Vir die sampioenbiefstuk

  • 4 groot portabello-sampioene
  • 2 e olyfolie
  • sout en peper
  • 1 lemmetjie
  • 30 g blaarslaai
  • 100 g aspersies

Metode

  1. Berei jou braai voor of voorverhit ’n gasbraai op medium hitte.

Vir die Chimichurri

  1. Meng die sjalot, brandrissie, knoffel, rooiwynasyn en sout in ’n bak. Meng goed en laat vir 10 minute staan. Voeg die koljander, pietersielie, oregano en olyfolie by. Klits goed tot gemeng.

Vir die biefstuk

  1. Kombineer 2 e Chimichurri, 2 e olyfolie, die sap van een suurlemoen, sout en peper in ’n groot bak. Voeg die sampioene en aspersies by.
  2. Braai die sampioene en aspersies totdat dit sag en effens verbruin is.
  3. Bedien die sampioene op ’n bed van roket en aspersies. Besprinkel mildelik met chimichurri, ’n bietjie lemmetjie en vars brandrissie.

Bron: The South African Mushroom Farmers’ Association (SAMF)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.