Soorte resepte:

Resep: Skonwiele

Skonwiele. (Foto: 50 Boerekosgeregte/Lapa Uitgewers)

Dié skonwiele is perfek vir jou gastetafel.

Bestanddele

Deeg

  • 500 ml koekmeel
  • 15 ml bakpoeier
  • knippie sout
  • 1 ml mosterdpoeier
  • 1 ml rooipeper
  • 250 ml gerasperde kaas
  • 1 eier, geklits
  • 75 ml kookolie
  • 250 ml jogurt of karringmelk

Vulsel

  • 60 ml basiliepesto
  • 250 ml gerasperde kaas
  • 60 ml botter of margarien, gesmelt

Metode

  1. Deeg: Sif die droë bestanddele saam en voeg die kaas by.
  2. Voeg die eier, olie en jogurt of karringmelk by en meng dit liggies om ‘n klam deeg te vorm.
  3. Plaas dit op ‘n meelbestrooide oppervlak en vorm dit liggies in ‘n reghoek van ongeveer 25 cm by 35 cm en 4 mm dik.
  4. Vulsel: Smeer die pesto oor die deeg en strooi die kaas oor. Rol dit op en sny dit in skywe van 2 cm.
  5. Plaas die skywe in ‘n gesmeerde losboompan van 22 cm in deursnee. Verf botter oor en bak dit 18 minute lank teen 200 °C tot goudbruin.

Bron: 50 Boerekosgeregte
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.