Maak asof jy met vakansie by die see is en bak hierdie heerlike snoektert.
Bestanddele
Kaaskors
- 250 g koue botter, gerasper
- 250 ml koekmeel
- 5 ml sout
- 250 ml gerasperde cheddarkaas
Vulsel
- 25 ml gerasperde ui
- 25 ml botter
- 100 ml koekmeel
- 100 ml botter
- 1 liter (4 x 250 ml) melk
- 10 ml mosterdpoeier
- 1,5 ml rooipeper
- sout en peper na smaak
- 250 ml gerasperde kaas
- 3 eiers, geklits
- 500 ml gevlokte snoek
- 30 ml gekapte pietersielie
- Paprika
Metode
Kors
- Vryf die botter met die vingerpunte in die meel.
- Voeg die sout en gerasperde kaas by en meng liggies.
- Bedek die bodem en kante van ʼn gesmeerde, oondvaste tertbak met die mengsel, maar moet dit nie vasdruk nie. Hou ’n bietjie van die mengsel om bo-op die vulsel te strooi.
Vulsel
- Braai die ui in 25 ml van die botter.
- Roer die meel en 100 ml botter by. Voeg die melk geleidelik by en laat dit ongeveer 2 minute lank prut.
- Voeg die geurmiddels, kaas, eiers en vis by. Skep dit in die tertbak en strooi die res van die korsbestanddele oor. Strooi die pietersielie en paprika oor.
- Bak die tert ʼn uur lank teen 180 °C.
Bron: 50 Boerekosgeregte
Uitgewer: Lapa
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
1 Kommentaar
Dankie!! Heel week al Lus vir dit!