Soorte resepte:

Resep: Sousboontjies

Sousboontjies. (Foto: Lapa Uitgewers)

Geniet hierdie gereg as bykos of op ’n geroosterde broodjie.

Lewer ongeveer 2 bottels.

Bestanddele

  • 400 ml droë suikerboontjies
  • 5 ml sout
  • 15 ml koekmeel
  • 15 ml suiker
  • 15 ml asyn

Metode

  1. Was die boontjies deeglik en plaas dit in ‘n mengbak. Bedek dit met koue water en laat oornag week.
  2. Dreineer die water, plaas die bone in ‘n kastrol en bedek dit met vars, koue water. Voeg die sout by.
  3. Verhit tot kookpunt, verminder die hitte en laat dit ongeveer 2 uur lank prut totdat die bone sag is. Vul die vloeistof met kookwater aan indien nodig, maar daar moenie te veel vloeistof by die bone wees wanneer dit gaar is nie.
  4. Meng die koekmeel, suiker en asyn tot ‘n gladde pasta en roer dit by. Roer die mengsel aanhoudend oor lae hitte totdat dit verdik. Prut nog 10 minute lank en bedien dadelik, of skep in gesteriliseerde flesse en verseël.

Bron: Bêrekos
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

WILLEM ·

Dit klink baie soos my oorlede ma se sousboontjies. Baie lekker

bolletjie blom ·

Ek is geleer om nooit die sout by te gooi terwyl jy die boontjies kook nie. Dit keer dat die boontjies sag word in die proses.

Johan ·

Gaan beslis die resep probeer, lyk gulpooprukverrukliklekker.

Vrede & vreugde

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.