Soorte resepte:

Resep: Soutvleishappies

Soutvleishappies. (Foto: Lapa Uitgewers)

’n Heerlike peuselhappie, perfek vir wanneer gaste by jou kom aanklop.

Lewer 18 happies.

Bestanddele

Kors

  • 1 eier
  • 125 ml melk
  • 90 ml olie
  • 250 ml koekmeel
  • 10 ml bakpoeier
  • knippie sout
  • knippie rooipeper

Vulsel

  • ½ ui, fyn gekap
  • 1 knoffelhuisie, gekneus
  • knippie droë gemengde kruie
  • 30 ml blatjang
  • 2 hardgekookte eiers, afgedop en fyngemaak
  • 300 g soutbeesvleis, fyn gemaak
  • 250 ml gerasperde Cheddarkaas
  • 2 eiers
  • paprika vir bo-oor

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer muffinpanne.
  2. Kors:
  • Klits die eier, melk en olie saam.
  • Sif die koekmeel, bakpoeier, sout en rooipeper saam en voeg by die eiermengsel. Roer tot goed gemeng.
  • Skep ongeveer 1 eetlepel van die beslag in die voorbereide muffinpanne.
  1. Vulsel:
  • Meng al die vulselbestanddele, behalwe die paprika, goed saam.
  • Skep ongeveer 2 eetlepels van die vulsel bo-op die beslag wat reeds in muffinpanne is.
  1. Strooi paprika oor en bak vir 20 minute of tot goudbruin en gaar.

Bron: Peuselhappies
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Lily ·

Lyk baie lekker. Hierdie kan mens ook in jou airfryer bak in ramekins en ‘n klomp krag spaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.