Soorte resepte:

Resep: Spekvleis-kolwyntjies

Spekvleis-kolwyntjies (Foto: Lapa Uitgewers)

Geniet hierdie southappie.

Lewer 12 kolwyntjies

Bestanddele

  • olie
  • 1 ui, gekap
  • 125 g (½ pakkie) spekvleis, gesnipper
  • 1 ml gedroogde basiliekruid
  • 4 grasuie, gekap
  • 560 ml (2¼ k) koekmeel
  • 15 ml (1 e) bakpoeier
  • 1 ml sout
  • knypie rooipeper
  • 187 ml (¾ k) gerasperde cheddarkaas
  • 2 ekstragroot eiers
  • 125 ml (½ k) olie
  • 125 ml (½ k) volroommelk
  • knypie paprika

Metode

  1. Stel die oond op 180 °C. Voer ʼn kolwyntjiepan met papiervormpies uit.
  2. Verhit ʼn bietjie olie en braai die ui, spekvleis en basiliekruid tot die spekvleis gaar is.
  3. Verwyder dit van die hitte en roer die grasuie by.
  4. Sif die koekmeel, bakpoeier, sout en rooipeper saam. Roer die kaas daarby. Klits die eiers, olie en melk saam. Roer die spekvleismengsel daarby.
  5. Roer die melk-en-spekvleismengsel by die meelmengsel en meng tot deeg.
  6. Skep die papiervormpies driekwart vol deeg. Strooi paprika oor en bak dit 25 minute lank of tot gaar.

 

Bron: Beste uit Vrouekeur

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.