Soorte resepte:

Resep: Spinasie-en-feta-ontbyt-toevoupakkies

Kikker jou ontbyt met dié heerlike toevoupakkie op. (Foto: Lapa Uitgewers)

Kikker jou ontbyt met dié heerlike toevoupakkie op.

Lewer 8 porsies

Bestanddele

  • 250 g jong spinasieblare
  • 4 knoffelhuisies, fyngekap
  • 15 ml olyfolie
  • 1 x 410 g (blikkie) gekapte tamaties, gedreineer
  • 10 eierwitte
  • 170 g fetakaas, gekrummel
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 8 toevoupakkies (wraps)

Metode

  1. Soteer die spinasie en knoffel vir 5 minute in die olyfolie of tot die spinasie verwelk.
  2. Roer die tamaties by en kook vir nog 2 minute. Skep die spinasiemengsel in ʼn groot bord wat gevoer is met handdoekpapier. Hou eenkant.
  3. Giet die eierwit in die pan en roer tot gaar.
  4. Skep die roereier, spinasiemengsel en gekrummelde feta op elke toevoupakkie (wrap). Geur met sout en peper en draai dit toe.

Bron: Lekker wraps
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.