Soorte resepte:

Resep: Stampmieliegereg

Stampmielies

Stampmieliegereg. Foto: Vinnig & Lekker

Wanneer laas het jy stampmielies geëet? Wat ʼn heerlike gereg!

Lewer 8 porsies

Bestanddele:

  • 60 g (1 pakkie) bruinuiesoppoeier
  • 60 g (1 pakkie) sampioensoppoeier
  • 500 ml water
  • 250 g spekvleis, gekap
  • ½ groen soetrissie, gekap
  • olie vir braai
  • 1 liter gaar stampmielies
  • 250 ml room
  • 250 ml mayonnaise
  • gerasperde kaas

Metode:

  1. Voorverhit die oond tot 180 ˚C.
  2. Maak die soppoeier aan met die water, verhit dit in ’n kastrol en laat prut tot dit verdik.
  3. Verhit ’n braaipan oor matige hitte en braai die spekvleis sonder enige olie. Voeg die soetrissie by en soteer nog ʼn paar minute. Voeg olie by net indien dit regtig nodig is.
  4. Meng al die bestanddele behalwe die kaas en skep dit in ’n gesmeerde oondskottel.
  5. Strooi kaas bo-oor en bak 30 minute of tot goudbruin.

Bron: Lekker & Vinnig (Uit: Eet saam, GKSA)
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.