Soorte resepte:

Resep: ‘Tiaan Proe’ se gevulde quesadillas

‘Tiaan Proe’ se gevulde quesadillas. (Foto: verskaf)

Tiaan Proe se sakpas-quesadillas sal vir ʼn smaaklike kosblik-ete sorg.

Bestanddele

  • 2 toevoupakkies (wraps) per persoon of porsie
  • 100 g oorskiethoender, gepluis
  • bietjie rissiesous van jou keuse
  • 100 g gerasperde kaas van jou keuse
  • 50 g gekapte kruie van jou keuse, pietersielie werk goed

Metode

  1. Meng die hoender, kaas, sous, en kruie goed saam.
  2. Smeer die mengsel op een van die wraps en plaas dan nog een bo-op.
  3. Verhit ’n pan oor matige hitte en rooster die “toebroodjie” tot die kaas gesmelt is.
  4. Sny nou die quesadilla in wiggies en bedien met nog ʼn bietjie van die rissiesous.
  • Vir meer resepte kyk na Tiaan Proe elke Dinsdagaand om 21:00 op kykNET, DStv-kanaal 144.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.