Soorte resepte:

Resep: ‘Tiaan Proe’ se maklike maaltye

Vis-en-ertjiegereg in een pan. (Foto: verskaf)

Tiaan Proe se maklike maaltye sal handig te pas kom wanneer jy nie die wêreld se tyd het om aandete voor te berei nie.

Vis-en-ertjiegereg in een pan

Bestanddele

  • 1 pakkie stokvisfilette/‑porsies
  • 1 pakkie spek in repies
  • 1 middelslag ui, gesny
  • 1 kop cos-blaarslaai
  • ½ koppie gevriesde ertjies
  • 6 gaar baba-aartappels
  • 100 ml hoenderaftreksel
  • 100 g botter
  • 1 suurlemoen se sap

Metode

  1. Braai die ui in die botter tot sag en deurskynend, voeg nou die spek by en maak seker dat al die vet uitbraai. Voeg stukkies van die vis by en laat dit in die vet van die spek braai.
  2. Voeg die ertjies by. Gebruik nou die hoenderaftreksel om die pan te ontglans en voeg dan die botter by om ’n lekker ryk sous te vorm.
  3. Breek stukke van die blaarslaai in die sous en laat dit effe verwelk om deel van die dis te vorm.
  4. Maak die dis klaar met die sap van ’n middelslag suurlemoen en om seker te maak dat die balans reg is.

Eenpot-pasta. (Foto: verskaf)

Eenpot-pasta

Bestanddele

  • 200 g linguine-pasta
  • 600 ml water
  • 1 pakkie klein kersietamaties
  • 1 klein rissie gekap
  • 1 pakkie babaspinasie
  • 1 pakkie basiliekruid
  • 50 ml olyfolie
  • 3 huisies knoffel, gerasper
  • Sout en peper na smaak
  • 1 wiggie parmesaankaas

Metode

  1. Voeg al die bestanddele behalwe die kaas in ’n pan. Maak seker dit is goed uitgesprei en uitmekaar.
  2. Kook deur en roer die hele tyd tot die pasta reg gaar is – sowat 10 min. Dien die pasta op met baie kaas en gekapte kruie.
  • Vir meer resepte kyk Tiaan Proe wat elke Dinsdagaand om 21:00 op kykNET, DStv-kanaal 144, uitgesaai word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.