Soorte resepte:

Resep: ‘Tiaan Proe’ se Mexikaanse geregte

‘Tiaan Proe’ se taco’s met bros visvulsel, slaai en sous. (Foto: verskaf)

Gaan haal solank die borde en eetgerei, ʼn smullekker Mexikaanse ete is op die tafel. Kry die sesde episode van Tiaan Proe se resepte hier.

Taco’s met bros visvulsel, slaai en sous

Bestanddele

  • 6 hardedop tortillas
  • 6 gekrummelde Sea Harvest-filette
  • 1 klein pers kool
  • 2 wortels, in julienne-repies gesny
  • ¼ komkommer, in klein repies gesny
  • 1 lemmetjie se sap en skil
  • 50 ml olyfolie
  • 200 ml sojasous
  • 50 g suiker
  • 1 klein stukkie gemmer, gerasper
  • 1 knoffelhuisie, gerasper
  • 1 klein rissie
  • 100 ml mayonnaise vir opdien

Metode

  1. Rooster die tortillas en maak seker dit is goed bros. Berei nou die vulsel voor.
  2. Meng die slaaibestanddele en geur met sout en peper.
  3. Maak ʼn lekker rowwe salsa deur al die groente, lemmetjie en olie te meng. Geur na smaak.
  4. Verhit ʼn klein potjie en meng al die sousbestanddele saam. Kook tot ʼn lekker sous.
  5. Bak die vis in ʼn lugbraaier tot lig en bros. Breek in klein stukkies. Bou nou die taco’s deur al die elemente saam in die doppie te pak en smul aan ʼn ete goed genoeg vir ʼn koning.

‘Tiaan Proe’ se kaserige nachos met maalvleis. (Foto: verskaf)

Kaserige nachos met maalvleis

Bestanddele

  • 500 g maalvleis
  • 1 medium ui, gekap
  • sout en peper na smaak
  • rissiesous van jou keuse
  • 50 g vars koljander
  • 1 bossie sprietuie, gekap
  • 1 pak Santa Anna’s-skyfies
  • 300 g kaas van jou keuse, gerasper
  • 100 ml bier van jou keuse
  • 10 g sitroensuur

Metode

  1. Braai die ui in ʼn bietjie olie en braai dan die maalvleis tot lekker bros en bruin. Geur en hou eenkant.

Sous

  1. Verhit die bier. Voeg die sitroensuur by en meng goed. Gebruik ʼn klitser en klits die kaas bietjie vir bietjie in die mengsel in tot dit goed gesmelt en die sous lekker loperig is.
  2. Pak nou die skyfies op ʼn groot bakplaat uit.
  3. Gooi die maalvleismengsel oor en dan die sout.
  4. Sit vinnig in die oond met nog ʼn bietjie kaas oor en bedien met vars fyngekapte sprietuie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Manie ·

Sal ‘n mens dit tussen die Eskom kragonderbrekings kan voorberei?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.