Soorte resepte:

Resep: Toevoupakkies met kerriegroente en lensies

Toevoupakkies met kerriegroente en lensies. (Foto: Diabetes/Lapa Uitgewers)

Dié toevoupakkie sal die perfekte aandete vir jou en jou gesin wees.

Lewer 8 porsies

Bestanddele

  • 200 g eiervrug, met skil in blokkies gesny
  • 5 ml kanola- of olyfolie
  • 1 middelslag-ui, gekap (100 g)
  • 1 knoffelhuisie, gekap
  • 10-15 ml matige tot sterk kerriepoeier
  • 5 ml borrie
  • 5 ml gemaalde komyn – opsioneel
  • 400 g-blik geskilde heel tamaties, gekap (dreineer en behou tamatiesap)
  • ± 250 ml kookwater
  • 2 middelslag-aartappels, met skil in blokkies gesny
  • 2 middelslag-wortels, geskraap en in skyfies gesny
  • 400 g-blik bruinlensies (240 g gedreineer)
  • 150 g vars blomkool, in blommetjies en stukkies gesny
  • 150 g vars groenboontjies, in 2 cm-stukkies gesny
  • 2,5 ml sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Metode

  1. Week die eiervrug 15 minute lank in soutwater. Verhit intussen die olie en roerbraai die ui en knoffel totdat die ui deurskynend is. Roer die kerriepoeier, borrie en komyn by.
  2. Dreineer en spoel die eiervrug met skoon water af. Voeg dit by die uiemengsel. Vul die tamatiesap met kookwater aan tot 400 ml en roer dit saam met die tamaties, aartappels en wortels by die uiemengsel. Laat dit 8 tot 10 minute prut.
  3. Voeg die lensies, blomkool en groenboontjies by, verhit weer tot kookpunt en prut vir 8 tot 10 minute. Geur na smaak met sout en swartpeper.
  4. Bedien dit op volgraanpasta of bruinrys, of skep dit in ‘n pitabroodjie, of rol dit toe in ‘n sagte tortilla.

Bron: Diabetes
Uitgewer: Lapa

Deel van: Kos

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.