Soorte resepte:

Resep: Tuisgemaakte hoendernoedelsop

Tuisgemaakte hoendernoedelsop. (Foto: Lapa Uitgewers)

Hierdie smaaklike hoendernoedelsop is perfek vir ʼn koue wintersdag.

6 porsies

Bestanddele

  • 30 ml kanola-olie
  • 30 ml botter
  • 1 groot ui, gekap
  • 3 groot wortels, gekap
  • 4 selderystingels, in skyfies gesny
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 3 knoffelhuisies, fyngekap
  • 2 l hoenderaftreksel
  • 230 g eiernoedels
  • 5 x 250 ml gaar hoendervleis
  • 125 ml fyngekapte vars pietersielie

Metode

  1. Verhit die olie en botter in ’n groot swaarboomkastrol. Voeg die ui, wortels, seldery, sout en peper by.
  2. Soteer die groente vir 15 minute tot dit sag is. Voeg die knoffel by en soteer vir 1 minuut.
  3. Voeg die aftreksel by en verhit tot kookpunt.
  4. Voeg die noedels by en kook vir 6 minute.
  5. Voeg die hoendervleis by en kook vir nog 2 minute tot die noedels gaar is.
  6. Geur na smaak en roer die pietersielie deur die sop. Bedien dadelik.

Bron: 50 Hoendergeregte
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.