Soorte resepte:

Resep: Tuna-viskoekies

Tuna-viskoekies. (Foto: Lapa Uitgewers)

Visliefhebbers sal gek oor dié visversnapering wees.

Lewer 6 porsies.

Bestanddele

  • 3 groot gaargekookte aartappels, fyngemaak
  • 2 eiers
  • 3 sprietuie, fyngekap
  • 2 x 170 g-blikkies tuna, gedreineer
  • 10 ml gekapte vars pietersielie
  • 5 ml Tabascosous
  • Sout na smaak
  • Visolie vir vlakbraai
  • 250 ml natuurlik jogurt
  • ’n klein bossie koljanderblare (dhania)

Metode

  1. Meng al die bestanddele saam in ‘n mengbak.
  2. Vorm viskoekies van die mengsel en hou eenkant.
  3. Verhit die olie in ‘n pan en braai die viskoekies tot goudbruin.
  4. Dreineer die oortollige olie op handdoekpapier.
  5. Meng die natuurlike jogurt en koljanderblare en bedien saam met die viskoekies.

Bron: Kook saam Kaaps
Uitgewer: Lapa

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.