Soorte resepte:

Resep: Tunarollade

Tunarollade. (Foto: Lapa uitgewers)

ʼn Heerlike gereg waaraan die hele familie sal smul.

Lewer 6 porsies

Bestanddele

Rollade

  • 4 e botter
  • ½ k koekmeel
  • ¼ k warm melk
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 5 eiers, geskei
  • 3 e grasuie, gekap

Vulsel

  • 250 g laevetroomkaas
  • 4 e mayonnaise
  • 2 e blatjang
  • 360 g tuna in water, gedreineer
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Metode

Rollade

  1. Stel die oond op 180 °
  2. Smelt botter in kastrol. Roer koekmeel by tot gemeng.
  3. Gooi warm melk stadig by en roer tot sous begin vorm. Kook vir 3 minute. Geur met sout en peper na smaak.
  4. Verwyder kastrol van hitte en roer eiergele en grasuie by.
  5. Klits eierwitte styf en vou by meelmengsel in tot net gemeng.
  6. Skep beslag in bakplaat van ongeveer 35 cm x 46 cm groot wat met bakpapier uitgevoer is.
  7. Bak vir 18 minute of tot goudbruin bo-op.
  8. Keer op skoon, klam vadoek uit. Trek bakpapier af. Rol met behulp van vadoek op en hou eenkant.

Vulsel

  1. Meng roomkaas, mayonnaise, blatjang en tuna. Geur na smaak met sout en peper.
  2. Rol rollade oop en smeer vulsel oor.
  3. Rol versigtig met behulp van vadoek op en sit in skyfies voor.

Bron: 50 beste gebak uit Vrouekeur deur Marlo Carstens

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
Mad Mike die Rhodesiër

Nog ‘n lekker visgereg vir my en my Eend!

Eend Bessinger

Net waarvan die Eend hou!