Soorte resepte:

Resep: Umami sampioenrigatoni

Umami sampioenrigatoni. (Foto: verskaf)

Dié pasta is ’n ideale gereg om die honger te blus.

Genoeg vir 4 porsies

Bestanddele

  • 250 g rigatoni-pasta (of ’n ander soortgelyke pasta)
  • 4 groot portabello-sampioene
  • 250 g portabellini-sampioene
  • 2 e olyfolie
  • 2 e botter
  • 1 groot bos vars tiemie
  • 4 knoffelhuisies, fyngekap
  • 2 e sojasous
  • ½ k crème fraîche
  • sout en peper, na smaak
  • 1 suurlemoen, in skywe gesny

Metode

  1. Kook die rigatoni in kokende soutwater tot al dente. Behou 1 koppie pastakookwater en dreineer pasta.
  2. Terwyl die pasta kook, skraap die swart kiewe van die onderkant van die portabello’s met ’n teelepel uit. Sny elke portabello in die helfte en sny dan elke helfte in 4 bonkige wiggies. Sny portabellini’s in kwarte.
  3. Verhit olie en botter in ’n groot gietysterpan oor mediumhoë hitte. Voeg knoffel by en kook, terwyl aanhoudend geroer word, tot geurig. Voeg sampioene en tiemie by. Kook sampioene, bedruip gereeld tot net sag en goudbruin.
  4. Voeg die sojasous by en kook tot vog geabsorbeer is. Draai die hitte af. Roer die crème fraîche, sout, peper en ’n bietjie pastawater by.
  5. Voeg gaar pasta by en roer liggies om die sampioensous te bedek. Hou aan om pastawater by te voeg soos nodig om ’n syagtige, blink sous te skep.
  6. Sit pasta voor met vars suurlemoensap en ekstra varsgemaalde swartpeper.

Bron: The South African Mushroom Farmers’ Association (SAMFA)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.