Soorte resepte:

Resep-video: Alles-in-een-bak-ontbyt

Alles-in-een-bak-ontbyt. (Foto: Elsabé Erasmus/Maroela Media)

Aartappelskyfies, eiers, kaas en ham maak hierdie alles-in-een-bak-ontbyt gerieflik en smaaklik.

Berei dit dieselfde oggend of die vorige aand voor. Jy kan die ham verruil vir spek of selfs wors van jou keuse. Dit is ʼn fantastiese resep vir ontbyt, middagete en selfs aandete.

Bestanddele

  • 500 g gevriesde aartappelskyfies
  • 1 koppie gerasperde cheddarkaas
  • 1 koppie gerasperde mozzarellakaas
  • 180 g ham, opgesny
  • 2 sprietuie, opgesny
  • 9 eiers
  • 1 koppie melk
  • Sout en peper na smaak
  • ½ teelepel mosterdpoeier
  • ¼ teelepel knoffelpoeier

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Spuit ʼn oondbak met kleefwerende kossproei.
  3. Klits die eiers, melk, sout en peper, mosterd- en knoffelpoeier saam en plaas dit eenkant.
  4. Gooi die aartappelskyfies oor die bodem van die voorbereide oondbak.
  5. Sprinkel die kaas, ham en sprietuie bo-oor.
  6. Gooi die eiermengsel bo-oor.
  7. Bedek die bak met foelie en bak dit vir 25 minute.
  8. Verwyder die foelie en bak vir ʼn verdere 40 minute totdat die randte van die eier goudbruin gebak is.
  9. Laat dit vir 5-10 minute afkoel voordat jy dit bedien.

Al die Maroela-produkte wat jy in dié video sien, is in ons aanlyn winkel, Die Koöperasie, beskikbaar. Klik hier om dié mooi produkte te koop en jou kombuis in ʼn plaaskombuis te omskep.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.